
=====================================================================
IiLwimi wil taalregte en veeltaligheid uitbou (AV 6:3)
=====================================================================

Inhoudsoorsig


IiLwimi wil taalregte en veeltaligheid uitbou

    Christa van Louw s waarom IiLwimi ontstaan het en waarheen di sentrum by die Universiteit van Wes-Kaapland mik. N 'n lang 
geskiedenis van taalongelykheid is die taalbedeling in Suid-Afrika deur dominante rolspelers herbedink. Die resultaat was die promulgering 
van Wet 200 van 1994, wat erkenning gee aan die gelykheid van tale en derhalwe 'n verskuiwing ten opsigte van die siening van 
taalverskeidenheid verteenwoordig: vanaf miskenning tot erkenning.

Hierdie paradigmaverskuiwing vra dat tale as bates verreken word en dat taalgelykberegtiging en die bevordering van veeltaligheid sentraal 
staan.

Hoewel die elf amptelike Suid-Afrikaanse tale juridies gelyk is, toon hulle werklike posisies die teendeel. In die praktyk word 
veeltaligheid meestal as 'n probleem beskou en gehanteer. As daar mooi gekyk word na wat in sulke gevalle gebeur, is dit duidelik dat 'n 
probleembenadering tot veeltaligheid in wese neerkom op die bevordering van eentaligheid.

Hierdie wanpraktyk lei daartoe dat die primre instrument waardeur die meeste Suid-Afrikaners hul kulturele waardes verwoord, steeds misken 
word, dat die bril waardeur 'n groot aantal Suid-Afrikaners die wreld ervaar, steeds vernietig word, dat die grootste groep Suid-
Afrikaners steeds in 'n werklikheidsvreemde taal moet deelneem aan die sosiale, politieke en ekonomiese lewe van hul land en dat mense se 
selfbeeld steeds afgetakel word.

Batebenadering tot veeltaligheid

Teenoor die probleembenadering is daar die batebenadering tot veeltaligheid. Soos elders in die wreld bevind, maak hierdie benadering (wat 
die praktiese erkenning van veeltaligheid inhou) dit moontlik dat menslike hulpbronne ontgin word -- met die gepaardgaande voordele vir die 
individu, die instelling en die land. Ook lewer dit 'n belangrike bydrae tot sosiaal-ekonomiese gelykheid, kruiskulturele kontak en 
verdraagsaamheid.

As 'n mens die nadele van 'n voortgesette probleembenadering in die praktyk opweeg teenoor die voordele van 'n batebenadering, word die 
versoening van teorie en praktyk 'n noodsaaklikheid, en word die suksesvolle implementering van die nuutaanvaarde veeltalige taalbeleid die 
verantwoordelikheid van elke individu en instansie in Suid-Afrika.

Die departement Afrikaans en Nederlands aan die Universiteit van Wes-Kaapland (UWK) erken dat alle kennis en vaardighede in taal verpak is 
en daarin tot uitdrukking kom. Daarom het hulle die uitdaging aanvaar om strategie vir die suksesvolle implementering van ons veeltalige 
taalbeleid te ontwikkel. Omdat daar aanvanklik gefokus sal word op die Wes-Kaap, sal die gebruik van die drie dominante tale in di 
provinsie, te wete Afrikaans, Xhosa en Engels, bevorder word.

Die sukses van hierdie taalgelykberegtigingsproses sal uiteraard afhang van die mate waarin die volgende realiteite (soos in die 
behoeftepeiling bevind) gehanteer word:
Realiteite wat gehanteer moet word
 Die feit dat tale verskillend gewaardeer word (Engels hor aangeskryf word as Afrikaans en Xhosa).
 Die persepsie dat Engels 'n "beter keuse" is.
 Die feit dat 'n groot aantal Afrikaanssprekendes nie Xhosa magtig is nie;
 dat 'n groot persentasie Xhosasprekers negatief staan teenoor Afrikaans;
 dat die meerderheid relevante materiaal feitlik net in Engels beskikbaar is;
 dat alle tale se interne struktuur nie ewe goed ontwikkel is nie;
 dat die meeste mense nie oor die kennis en vaardighede beskik om taalverskeidenheid as bate te benut nie;
 dat nie alle Suid-Afrikaners hul regte ken en bemagtig genoeg is om dit op te eis nie.
 Die geneigdheid om in veeltalige situasies "praktiese" keuses te maak.
 Die gebrek aan die nodige hulpbronne (menslik en fisiek). Die departement het besef dat strukturele ondersteuning noodsaaklik is ten einde 
te verseker dat taalregte aktiewe regte word. S wil ons verhoed dat lippediens gelewer word aan die erkenning van taalverskeidenheid.

Weens 'n aantal logistieke probleme was dit moeilik om die gedentifiseerde behoeftes in 'n akademiese departement te akkommodeer. Ons het 
dus begin ondersoek instel na die moontlikheid van 'n ruimte waarin 'n drieledige strategie, naamlik 'n taal-en-kommunikasie-diens, 
indiensopleidingsprogramme en navorsing, gehuisves kan word.

Die departement se slotsom was dat 'n sentrum vir veeltaligheid en taalprofessies die ideale konteks vir sy ontwikkelingsinisiatief behoort 
te bied. Die UWK se verbintenis tot die koestering van Suid-Afrika se kulturele verskeidenheid, sowel as sy trotse ervaring tydens die 
vryheidstryd, bied inderdaad aan hom die ideale ruimte om 'n onderskeidende rol te kan speel: die bevordering van die lewenskwaliteit van 
sy voedergemeenskappe deur die bevordering van hul tale.

Die ondersteuning wat die nuutgestigte IiLwimi Sentrum aan Wes-Kaapse gemeenskappe sal bied, sal gelewer word deur 'n span taalspesialiste 
en sal gerig wees op die ontwikkeling en bemagtiging van alle taalgemeenskappe -- deur die erkenning en daadwerklike bevordering van 
taalverskeidenheid. Die oorkoepelende doelwit is taalgelykberegtiging en bemagtigde sprekers. Deur mense bewus te maak van hul basiese 
taalregte en 'n positiewe ingesteldheid tot veeltaligheid te kweek, wil ons 'n bydrae lewer tot die bevordering van ware demokrasie en taal- 
en kulturele verskeidenheid.

Die diensgemeenskap van die Sentrum bestaan uit diegene wat toegang tot kennis en vaardighede benodig, sektore wat 'n 
taalfasiliteringsdiens benodig, sowel as diegene wat opleiding of indiensopleiding benodig. Omdat die Sentrum verbind is tot 'n 
batebenadering tot veeltaligheid, word die taalbehoeftes van die verskillende spraakgemeenskappe in al drie interafhanklike komponente 
(navorsing, (indiens)opleiding en dienslewering) gedien. Die opleidingskomponent sluit beroepsgerigte kursusse op verskillende vlakke in 
ten einde meer mense in staat te stel om in die taal- en taalverwante professies opgeneem te word. Ook taalverwerwingsprogramme word 
aangebied om, onder meer, kruiskulturele kommunikasie in die werkplek te bevorder. Dienste sluit in vertaling, tolking, taalversorging, 
proeflees, bladuitleg, terminologieskepping, ens. In die navorsingskomponent word gedentifiseerde taal- en taalverwante kwessies 
ondersoek.

Tree op as fasiliteerdeer

As skakel tussen gemeenskappe en diensverskaffers sal IiLwimi by verskeie aktiwiteite betrokke wees -- hoofsaaklik in 'n fasiliterende 
hoedanigheid. Deur konsultasie met diensgemeenskappe word behoeftes gedentifiseer, 'n plan van aksie geloods, deurlopende evaluering 
gedoen (selfevaluering en eksterne evaluering) en op voltooide fases gereflekteer om toekomstige fases te informeer.

IiLwimi Sentrum doen baanbrekerswerk. Dit blyk uit die talle navrae van individue en instansies wat hierdie strukturele ondersteuning 
verwelkom as 'n strategie om ontmagtigende eentaligheid teen te staan. Dit blyk egter ook uit die resultate wat die Sentrum reeds in sy 
kort bestaan opgelewer het en, veral, uit die feit dat die Sentrum die rol en funksie van Afrikaans kom herdefinieer het: vanaf 'n taal ten 
koste van tot 'n taal tot voordeel van.

Alle ander Afrikaanses staan voor die uitdaging wat IiLwimi stel: om Afrikaans los te maak van sy "taal-van-verdrukkingsjuk" sodat dit 
allengs taal van bevryding kan word. Dr. Christa van Louw is die Kordineerder van die IiLwimi Sentrum: Sentrum vir Veeltaligheid en 
Taalprofessies (UWK)

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av6322.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999     Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Oktober 1999 /// Streef na onafhanklikheid van politieke gees. (AV 6:3) 
/// Troukoors (AV 6:3) /// Afrikaans bring die Woord aan Kung-praters (AV 6:3) /// Brief uit Murraysburg (AV 6:3) /// Ode aan my 
leermeesteres (AV 6:3) /// Suksesse met onderwysprojekte (AV 6:3) /// Afrikaansdag treffer by Vista (AV 6:3) /// Nuwe woorde uit anderhalwe 
dekade (AV 6:3) /// Rekenaar help Afrikaansleerders (AV 6:3) /// 'Wat ek wil s, kan in Afrikaans ges word' (AV 6:3) /// 'n Omstrede 
veteraan bieg (AV 6:3) /// Vaardig met tong en hand (AV 6:3) /// Dit kook en prut in die taalpot (AV 6:3) /// Johan Combrink was 'n 
DOENmens (AV 6:3) /// Gevangene (AV 6:3) /// George doen ding vir Afrikaanse reklame (AV 6:3) /// Leeslus het losgekom -- Internet gee 
koopnuus (AV 6:3) /// Gee swaarkry van Oorlog nuwe sin (AV 6:3) /// 'O moedertaal ... jou het ek lief bo alles ...' (AV 6:3) /// Waardeer 
mekaar se verdienstes (AV 6:3) /// Kalklig-dief (AV 6:3) /// IiLwimi wil taalregte en veeltaligheid uitbou (AV 6:3) /// Wenners munt uit 
met raaks-Afrikaans (AV 6:3) /// Baksel in die winter (AV 6:3) ///

